Observer Daller

Marble Hall: Nagtelike padwerke en verkeersomleiding

Daar sal vanaf Maandag padonderhoudswerk gedurende die nagtelike ure in Marble Hall gedoen word.

SANRAL (Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap) het ’n kennisgewing uitgereik dat nodige padonderhoudswerk Maandag, 27 Oktober in Marble Hall sal begin.

Waar en wanneer

Die padonderhoudswerk sal strek vanaf KFC tot by die Marble Hall begraafplaas op die N11, vanaf 27 Oktober, tot Vrydag, 12 Desember, elke nag vanaf 18:00 tot 06:00.

Om die veiligheid van werkers en padverbruikers te verseker, sal die verkeer gedurende hierdie ure omgelei word.

Veiligheidsborde, padtekens en personeel sal in plek wees om padverbruikers deur die alternatiewe roetes te lei.

Vertragings

Vertragings kan voorkom as gevolg van die omleiding en voortgesette padwerke.

Motoriste word egter aangeraai om hul roetes vooraf te beplan.

Die padagentskap vra verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word en waardeer padverbruikers se begrip terwyl hul werk daaraan om die toestand van die pad te verbeter.

 

Lees ook: Marble Hall: Stop-en-ry laat verkeer stilstaan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button