Observer Daller

Nóg reën op pad vir Groblersdal

Die klein bietjie reën ná die hittegolf van die naweek is maar slegs die begin van die lafenis vir Groblersdallers.

Met die ongelooflike hittegolf van die naweek en temperature wat tot 40°C bereik het, was die Groblersdallers vandag besonder dankbaar om op te staan met bewolkte weer en later ook ’n bietjie reën.

Daar word egter vir later vanaand ’n donderstorm verwag en sal die temperatuur van ’n maksimum van 33°C daal ná ’n minimum van 19°C vanaand.

Teen môre (Dinsdag, 28 Oktober) daal die kans vir reën na 25%, maar die temperatuur sal laer bly met ’n maksimum van 29°C en ’n minimum van 18°C. Daar word meestal bewolte en winderige toestande verwag met wind van 20 km/p/h.

Woensdag is daar ’n 65% kans vir reën met bewolkte toestande en ’n paar reënbuie, asook ’n donderstorm in die middag. Die maksimum temperatuur sal 29°C bereik met ’n minimum van 19°C.

Daar word ook Donderdag en Vrydag reën verwag.

Donderdag is daar ’n 90% kans vir reënbuie en ’n donderstorm. Die temperatuur sal daal na ’n maksimum van 27°C en ’n minimum van 17°C.

88% kans vir reën word vir Vrydag verwag met bewolkte toestande, reënbuie en ’n donderstorm. Die maksimum temperatuur sal 26°C bereik en die minimum 20°C.

Die kwik sal teen Saterdag en Sondag weer styg met maksimum temperature wat op beide dae 31°C sal bereik.

Saterdag is die kans vir reën slegs 9% en sal die bewolkte toestand plek maak vir sonskyn op tye.

Sondag word ’n 60% kans vir reën verwag met ’n donderstorm teen laatmiddag.

Daar word ook voorspel die die reën teen Maandag sal voortduur met ’n 55% kans vir reën en donderstorms wat in die oggend verwag word.

Lees ook: Groblersdal se kenmerkende hitte is hier!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button