Observer Daller

Marmer hou leierskamp en veldskool

CVO Marmer se graad ses en graad sewe leerlinge het gaan kamp op Dullstroom.

CVO Marmer was die gasheer van die graad ses leierskamp en veldskool vir graad sewes.

Hierdie twee geleenthede het plaasgevind vanaf 13-15 Oktober by Elandskloof in Dullstroom.

Die leerlinge het vroegoggend vertrek en die reis was vol musiek en opgewondenheid tot by hul bestemming.

Met hul aankoms is daar afgepak, uitgepak en speletjies gespeel.

Daardie nag is daar in die buitlug geslaap en malvalekkers gebraai en kon hulle die jakkalse hoor in die verte.

Die volgende dag het die leerlinge brugkamp toe gestap, ontbyt geëet en aan lekker speletjies en kompetisies deelgeneem as deel van spanbou-aktiwiteit en om mekaar te leer ken.

Daar is baie geleer en gelag.

Voor etes het spanne gebid en het almal dan daarna geskree: “Kos is op die tafel!”

Almal is dit eens dat hulle nooit hierdie ervaring sal vergeet nie.

Lees ook: Hoërskool Ben Viljoen grootpraters by Interhoër Redenaarskompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button