Observer Daller

Groblersdal: Steeds padwerke in Voortrekkerstraat

Pardwerkers is stééds besig met padonderhoudswerk in Voortrekkerstraat (N11).

Motoriste is reeds in kennis gestel van padonderhoudswerk wat tans gedoen word op die N11 tussen Groblersdal Gholfbaan en die Sasol vulstasie.

Padwerkers is tans stééds besig met dié onderhoudswerk in Voortrekkerstraat (N11) tussen die die ingang na Loskop Gimnasium tot by die afdraai na Haarhoffstraat.

Daar is egter een van die dubbelbane oop vir verkeer wat vanaf Hoërskool Ben Viljoen se rigting kom.

Padwerkers wys motoriste waar om te ry en alle nodige padtekens is opgerig.

  • Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit het bevestig dat algemene instandhoudingswerk op die N11 gedoen word. Motoriste word aangeraai om spoed te verminder in die area.
  • As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.

Lees ook: Groblersdal: Padonderhouswerk op N11

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button