Groblersdal: Padonderhoudswerk op N11
Padonderhoudswerk word tans gedoen op die N11 in Groblersdal tussen die gholfbaan en die Sasol vulstasie.
Motoriste word gewaarsku dat daar tans padwerke op die N11 is tussen Groblersdal Gholfklub (Voortrekkerstraat) en die Sasol vulstasie (Herefordstraat).
Volgens Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit word algemene instandhouding op die pad gedoen en word motoriste aangeraai om spoed te verminder in die area.
Hulle is tans besig met padwerke in Voortrekkerstraat vanaf die ingang by Loskop Gimnasium tot by die afdraai na Haarhoffstraat.
Daar is egter een van die aankomende dubbelbane naby die afdraai van Haarhoffstraat na die gimnasium geopen vir die verkeer wat vanaf Hoërskool Ben Viljoen se rigting kom. Padwerkers wys motoriste waar om te ry.
Die munisipaliteit verseker padverbruikers dat alle padtekens en instruksies van verkeerbeamptes nagekom word.
Hulle vra verskoning vir die ongerief en vra motoriste se samewerking sodat hulle die padinfrastruktuur kan verbeter.
• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
