Nóg bietjie reën vir Groblersdal voorspel
Reënbuie en donderstroms kan vandag in Groblersdal en omliggende areas verwag word.
Daar was reeds oor die naweek heerlike reën in die Vallei, maar die reënbuie en Donderstorms is egter nog nie verby nie.
Alhoewel gister (Maandag) warm en bewolk is, sal die kwik teen vandag (Dinsdag) bietjie daal na 24°C.
Daar is ook ’n 84% kans vir reën en 33% kans vir donderstorms in dele van die Vallei omgewing.
Woensdag sal die temperatuur weer biejie styg na ’n maksimum van 29°C met ’n gedeeltelike bewolkte dag en warm weer wat verwag kan word.
Dieselfde temperatuur kan Donderdag verwag word, met die wolke wat sal weggee aan die son. Daar is 25% kans vir donderstorms in die area.
Teen Vrydag daal die kwik weer na ’n maksimum van 22°C en ’n minimum van 12°C. Bewolkte weer word vir die dag voorspel, met die son wat so af en toe sy gesig sal wys.
Saterdag en Sondag word warmer dae voorspel vir beide dae met ’n maksimum temperatuur wat verwag word van 29°C en ’n minimum van 14°C.
Sondag sal bewolk en warm wees.
Hierdie warmer en bewolkte weer sal voortgaan Maandag met ’n maksimum temperatuur van 28°C en ’n minimum van 15°C wat verwag word.
