Observer Daller
Abnormale vrag op Vaalfonteinpad
Motoriste word gewaarsku oor ’n abnormale vrag wat tans deur Groblersdal beweeg na die Vaalfonteinpad (Marble Hall).
Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, waarsku motoriste oor die groot abnormale vrag wat tans op die Vaalfonteinpad is.
Hierdie vrag is vanaf Groblersdal-rigting op pad na Marble Hall.
Die abnormale vrag maak van twee bane gebruik en motoriste word gemaan om versigtig te ry.
• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
Lees ook: Vertel ons wat in jou omgewing gebeur!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
