Groblersdallers is dankbaar vir reën
Groblersdal en Marble Hall se gemeenskap is baie dankbaar vir die heerlike reën wat vandag in die Vallei geval het.
Die bewolkte weer en reënbuie vandag in die Loskop Vallei, is deur inwoners verwelkom.
Hierdie reënweer het die drukkende hitte van die afgelope week gebreek met vandag se maksimum temperatuur wat ’n koeler 27°C bereik het en vanaand nog sal val na 17°C.
Daar word ook later vanaand ’n donderstorm verwag, met ’n 96% kans vir reën vir die res van die dag.
Die koeler weer duur môre (12 November) voort met ’n maksimum van 26°C en ’n minimum van 16°C. Daar word ook heerlike reën voorspel en ’n donderstrom teen vroegaand (55% kans vir reën).
Die kwik sal teen Woensdag styg na ’n maksimum van 31°C en daal na 19°C. Daar is slegs ’n 10% kans vir reën en sal die dag gedeeltelik bewolk en warm wees.
Donderdag word ’n bedompige dag voorspel met ’n maksimum temperatuur van 34°C en minimum van 19°C. Daar is ’n 55% kans vir reën met verspreide donderstorms wat in die area verwag word.
Teen Vrydag daal die temperatuur weer na 26°C en word ’n heerlike bewolkte dag verwag.
Saterdag en Sondag word daar weer reën voorspel. Daar is ’n 64% kans vir donderstorms Saterdag, terwyl daar ’n 77% kans is vir reënbuie Sondag.
Die heerlike reën sal moontlik voortduur tot Maandag, waar 76% kans vir reën voorspel word en ’n maksimum temperatuur van 23°C.
