Veiliger Feesseisoen-veldtog uitgevoer in Groblersdal
Sewe verdagtes is verlede Donderdag aangekeer tydends die voortgesette Veiliger Feesseisoen-veldtog polisie-operasie in Groblersdal.
Veiliger Feesseisoen-veldtog polisie-operasie is gekoördineer deur Groblersdal-polisiestasie in samewerking met verskeie eenhede en aangrensende stasies, wat Marble Hall-polisiestasie, Polokwane se blitspatrollie, Masemola K9-eenheid, Polokwane K9-eenheid, Modimolle K9-eenheid en Dennilton K9-eenheid ingesluit het.
Die operasie is uitgevoer tussen 09:00 en 13:00 in die omgewing van die Groblersdal taxihalte.

Die multidissiplinêre span het gefokus op prioriteitsmisdade soos die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie, handel in en besit van dwelms, nie-nakoming van die drankwet, bydryf van onwettige sjebeens en onwettige dobbelary-aktiwiteite.
Tydens die operasie is sewe verdagtes gearresteer, en verskeie items is gekonfiskeer.

Volgens kol. Malesela Ledwaba (provinsiale woordvoerder) is die volgende oortredings aangeteken: Handel in onwettige alkohol, onwettige sigarette en dagga, gebruik van dagga in die openbaar (twee afsonderlike voorvalle), arrestasie van onwettige immigrante en gevalle van aanranding, algemene en huishoudelike geweld.

“Die operasie vorm deel van die breër Veiliger Feesseisoen-veldtog, wat daarop gemik is om die veiligheid en sekuriteit van gemeenskappe te verseker deur misdaad soos ongelisensieerde drankwinkels en ongedokumenteerde persone aan te spreek,” sê kol. Ledwaba.
Lees ook: Local road users found sober
