Groblersdal: Padonderhoudswerk in Herefordstraat
Padonderhoudswerk vind tans plaas op die N11 in Herefordstraat naby die Sasol vulstasie.
Motoriste word gewaarsku dat daar padwerke is op die N11 tussen Design a Sign en Volkswagen Groblersdal (Herefordstraat).
Volgens Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit word algemene instandhouding op die pad gedoen tussen Groblersdal Hospitaal en die Sasol vulstasie en word motoriste aangeraai om spoed te verminder in die area.
Hulle is tans besig met padwerke in Herefordstraat, rigting vanaf die dorp na Royal Palm, op die N11.
Altwee bane vir verkeer vanaf die dorp is gesluit, met een baan van die dubbelbane wat vanaf die Sasol vulstasie na die NG Kerk, gesluit is vir verkeer vanaf die dorp. Padwerkers wys motoriste waar om te ry.
• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
