Willem Petzer en andere in Nebo hof vir verhoor
Die verhoor teen die vyf mans wat vir onder andere regsverydeling aangekla word, gaan vandag in die Nebo hof voort.
Die opspraakwekkende verhoor van vyf mans, waaronder Francois van der Merwe en Devon Hofmeyr, wat vir opsweping tot openbare geweld aangekla word, gaan vandag in die Nebo Landdroshof voort.
Die verhoor het gister begin.
Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels, Dries Olivier en Willem Petzer is op 24 Januarie 2024 gearresteer by die Groblersdal Landdroshof.
Hulle het buite die hof vir Piet Groenewald en Stephan Greeff ondersteun wat in die hof verskyn het vir aanranding . Groenewald en Greef word daarvan beskuldig dat hulle ’n hond op ’n sekuriteitswag losgelaat het.
Naas opsweping en regsverydeling, word Van der Merwe ook van aanranding aangekla.
Die eerste getuie vir die staat was ’n polisiebrigadier wat tydens die voorval ’n kolonel was. Sy het getuig dat Van der Merwe haar met sy elmboog teen die bors geslaan het en dat sy pynmedikasie moes neem daarvoor.
Daar sal vandag meer getuienis aangehoor word.
