Observer Daller

Groblersdal: Stééds padwerke in Herefordstraat

Padwerkers is stééds besig met padonderhouswerk in Herefordstraat (N11), Groblersdal.

Motoriste is reeds in kennis gestel van padonderhoudswerk wat gedoen word op die N11 tussen Groblersdal Gholfbaan en die Sasol vulstasie.

Onderhoudswerk word steeds in Herefordstraat tussen Design a Sign en Volkswagen Groblersdal gedoen.

Daar is egter een van die dubbelbane oop vir verkeer wat vanaf die Design a Sign se rigting kom.

Padwerkers wys motoriste waar om te ry en alle nodige padtekens is opgerig.

Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit het bevestig dat algemene instandhouding op die pad gedoen word en word motoriste aangeraai om spoed te verminder in die area.

•As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.

Lees ook: Groblersdal: Padonderhousdwerk in Herefordstraat

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button