Observer Daller

Groblersdal: Padwerke duur voort in Herefordstraat

Die instandhoudingswerk in Herefordstraat duur vandag voort met een van elk van die dubbelbane in beide rigtings wat gesluit is.

Padwerke in Herefordstraat (N11) in Groblersdal tussen Design a Sign en Volkswagen Groblersdal het vanoggend uitgebrei tot voor die Sasol vulstasie.

Daar is een baan van elk van die dubbelbane in beide rigtings gesluit.

Padwerkers wys steeds vir motoriste waar om te ry en al die nodige padtekens is opgerig.

Padonderhoudswerk het reeds op 23 Oktober op die N11 in Voortrekkerstraat vanaf Groblersdal Gholfbaan begin.

Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit het bevestig dat algemene instandhouding op die pad gedoen word en word motoriste aangeraai om spoed te verminder in die area.

•As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.

Lees ook: Groblersdal: Stééds padwerke in Herefordstraat

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button