Observer Daller

Groblersdal: Voetganger sterf ná voertuig hom tref in erge reënbui

’n Voetganger het gesterf nadat hy die R25 net buite Groblersdal wou kruis en deur ’n voertuig raakgery is.

’n Voetganger is verlede Sondagoggend (16 November) dood nadat hy in die gietende reën oor die R25 wou loop en deur’n voertuig getref is.

Die ongeluk het omstreeks 07:20 naby Rooiboskloof Landgoed, net buite Groblersdal op die R25, plaasgevind.

’n Drywer van ’n Chevrolet Spark het nie die voetganger in die reënstorm gesien nie.

Die drywer was alleen in die voertuig en het beheer verloor nadat hy die voetganger met sy voertuig getref het.

Die voertuig het gerol, maar genadiglik weer op sy wiele te lande gekom.

Die voetganger is op die toneel dood verklaar, terwyl die bestuurder van die voertuig per Gunmar Ambulansdienste na Mediclinic Muelmed Hospitaal in Pretoria vervoer is.

• Die R25 was vir byna 40 minute gesluit vir die forensiese span om hul ondersoek te doen.

Lees ook: R579 naby Tafelkop Mall gesluit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button