Observer Daller

KYK: Pad verspoel tussen Marble Hall en Roedtan

Motoriste word gewaarsku dat die N11 tussen Marble Hall en Roedtan erg verspoel is 10km ná die weegbrug.

Daar is vanoggend bevestig dat daar stééds geweldig baie water oor die N11 vloei.

Hierdie baie water wat oor die pad vloei, is die resultaat van die baie reën wat gedurende die week in die omgewing geval het.

Volgens Derick Maidment, het ’n Dodge voertuig gisteraand (Woensdag) ’n groot gat getref, waar die pad weggespoel is weens al die water, die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en in die bosse langs die pad beland.

Die bestuurder is ongedeerd, maar die voertuig het waterskade opgedoen en moes van die toneel gesleep word.

“Die pad lyk soos ’n rivier en dit is baie moeilik om die toestand van die pad te sien. Daar is nog reën op pad en ons maan motoriste om versigtig te wees in hierdie area,” sê Maidment.

@die.daller

Byskrif: Die N11 tussen Marble Hall en Roedtan is verspoel. Motoriste word gemaan om versigtig te ry.#groblersdal #marblehall #eliasmotsoaledi #ephraimmogale #observerdaller

♬ original sound – Die Daller

 

Lees ook: Loskopdam loop stééds oor

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button