Observer Daller

Groblersdal: Sonnige en warm weer op pad

Ná verskeie reënbuie en koeler weer in Groblersdal, sal die kwik weer begin styg met sonnige, warmer temperature wat voorspel word vir die week.

Die verkwikkende reënbuie is deur die Loskop Vallei verwelkom, wat dié omgewing se hitte bietjie gebreek het.

Daar kan egter na die mildelike reën hierdie week verwag word dat die kwik weer bietjie sal styg met die maksimum wat teen Sondag 31°C sal bereik.

Daar is vandag (Maandag) steeds 55% kans vir reën met ’n donderstorm wat vanmiddag verwag word. Dit sal vir die grootste gedeelte van die dag bewolk wees met die maksimum temperatuur wat 31°C bereik en weer sal afkoel tot 16°C.

Dinsdag en Woensdag word daar steeds reën in die omgewing verwag.

More (Dinsdag) is daar ’n 55% kans vir reë en donderstorms wat in die oggend verwag word. Die maksimum temperatuur is 27°C en die minimum 16°C.

Woensdag is daar ’n 65% kans vir reën met donderstorms wat in die omgewing verwag word in die oggend. Die kwik klim stadig na ’n maksimum van 28°C vir die dag.

Teen Donderdag word daar slegs ’n 25% kans vir reën voorspel met sonnige en warm weer. Die maksimum temperatuur sal 26°C bereik en weer afkoel tot 16°C deur die nag.

Teen Vrydag is daar 13% kans vir reën. Die maksimum temperatuur is 27°C en die minimum 17°C.

Die kwik sal weer die hoogte inskiet teen Saterdag en Sondag.

Saterdag sal die maksimum temperatuur 30°C bereik met 25% kans vir reën wat voorspel word.

Teen Sondag is die maksimum temperatuur 31°C en word bedompige weer vir die dag voorspel. Daar is ’n 25% kans vir reën.

• Volgende Maandag sal die kwik steeds bly klim en word ’n maksimum temperatuur van 32°C verwag. Warm en bedompige weer word voorspel met ’n 25% kans vir reën. Die minimum temperatuur vir die dag is 20°C.

Lees ook: Storm tref Marble Hall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button