Observer Daller

Laaste supermaan in Groblersdal gesien!

Groblersdallers kon gisteraand die prag verskynsel van die supermaan sien, die laaste in ’n reeks van vier vanjaar.

Die supermaan was gisteraand (4 Desember) sigbaar vir die hele Suid-Afrika, maar het ’n aantal Groblersdallers hul pragfoto’s van die verskynsel op sosiale media gedeel. Dit was behoorlik die laaste Instagram-waardige oomblik voordat 2026 se Wolfmaan, die eerste volmaan in Januarie, die verhoog betree.

Hierdie supermaan is ook bekend as die Springbok Maan in Suid-Afrika. Die Koue Supermaan, soos wat dit elders in die wêreld bekend is, merk die aakoms van kouer weer en langer nagte. In Suid-Afrika het ons daardie identiteit hervorm. Hier staan dieselfde maan ooreen met somerhitte en ons eie kulturele verhouding met die die natuur, wat dit die naam Springbokmaan gee, ’n knik aan ons plaaslike ekologie en ritme.

’n Supermaan is ’n volmaan of ’n nuwemaan wat amper saamval met perigeum, dit is die naaste wat die maan aan die aarde se wentelbaan kom, wat dan lei tot ’n groter as gewone verskyning van die maan wat vanaf die aarde gesien kan word.

Supermane is geneig om in groepe te arriveer as gevolg van die manier waarop die maan om die aarde wentel. Sy wentelbaan is effens ovaal, wat beteken dat die maan nader beweeg gedurende sekere dele van die jaar. Wanneer ‘n volmaan gedurende hierdie naaste punt, genaamd perigeum, voorkom, lyk dit groter en helderder as gewoonlik.

’n Supermaan kan tot 14% groter en 33% helderder lyk as ’n volmaan wat by apogeum verskyn, die verste punt in die maan se wentelbaan.

Dit maak Desember se Koue Maan een van die beste maanvertonings van die jaar, afgesien van seldsame gebeurtenisse soos maanverduisterings.

Tussen 2 tot 6 Desember kan die maan tot 90% meer verlig lyk, wat hemelkykers ’n wye venter gee om hierdie laaste gebeurtenis te geniet.

Gisteraand se supermaan was die vierde en finale supermaan in ’n reeks. Die eerste een was reeds in Oktober.

Lees ook: Supermaan in Groblersdal gesien!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button