Groblersdal: Nóg ’n bietjie reën voor die hitte
Daar sal nóg reënbuie vir Groblersdal wees, voor die kwik weer die hoogte sal inskiet.
Vanaf vandag (Maandag) tot Woensdag word reënbuie voorspel, voordat die kwik weer sal begin styg.
Die temperatuur sal vandag styg tot 32°C met moontlike reënbuie wat teen laatmiddag verwag kan word. Daar is egter net ’n 25% kans vir reën.
Dinsdag sal bewolk en warm wees met donderstorms wat in gedeeltes verwag word teen laat middag. Die maksimum temperatuur sal 34°C bereik, met ’n 55% kans vir reën.
Woensdag is daar 70% kans vir reën met ’n donderstorm wat die middag en aand verwag word. Die temperatuur sal ’n maksimum van 29°C en minimum van 17°C.
Die kans vir reën vir Donderdag is aansienlik laer met ’n 25% kans vir reën. Die maksimum temperatuur sal 27°C wees met gedeeltelike sonskyn en aangename weer vir die dag.
Vrydag sal bewolk wees, maar slegs 5% kans vir reën. Die maksimum temperatuur sal 28°C bereik met ’n minimum van 18°C.
Die kwik sal geweldig styg teen Saterdag, met ’n maksimum van 33°C en minimum van 20°C.
Sondag is daar ’n 25% kans vir reën en sal die dag meestal bewolk wees. Die maksimum temperatuur sal 32°C bereik met ’n minimum van 19°C.
Volgende Maandag sal daar weer ’n 55% kans wees vir reën met donderstorms wat in gedeeltes van die omgewing verwag kan word. Die maksimum temperatuur sal 31°C bereik met ’n minimum van 18°C.
