Foto’s van gisteraand se ‘skrikwekkende’ weerlig gedeel
Die mooiste foto’s van die weerlig in en om Groblersdal is gisteraand vasgevang op kamera.
Die weerlig het gisteraand talle inwoners in Groblersdal laat wip van die skrik, maar die blitse wat op kamera vasgevang is, is asemrowend.
Weerlig wat die lug helder verlig het gisteraand, het ’n inwoner na sy kamera laat gryp.
Nardus van Wyk het omstreeks 19:10 dadelik sy selfoon uitgepluk om die weerlig op kamera vas te vang.
Die foto’s is net buite Groblersdal, by Roslé Boerdery, op die N11 na Middelburg geneem.
Nardus is ’n passievolle fotograaf en kon nie die geleentheid mis om gisteraand se weerlig af te neem nie.
Dit is indrukwekkend om te dink dat dié pragfoto’s met ’n selfoon geneem is.

Nardus se vrou, Meggan, het die foto’s op die Groblersdal Staan Saam Facebookblad gedeel. Daar het reeds 113 mense daarop kommentaar gelewer.
Van die kommentaar op die foto’s sluit in:
• Nico Heyns: “Stunning en skrikwekkend terselfdertyd.”
• Ryan Junior Kgagudi: “This is so beautiful.”
• Elize Stephenson: “Dit is absoluut asemrowend mooi en terselfdertyd vreesaanjaend. Dankie vir die mooi foto’s.”
• Indien jy ’n mooi foto of video van die natuur of enige ander gebeure in die Vallei omgewing geneem het, stuur dit vir die Daller na 082 575 7016, ons deel graag van jul foto’s met die res van die gemeenskap.
