Groblersdal: Hitte duur voort – nóg reën op pad
Alhoewel dit baie warm sal wees in Groblersdal, word daar donderstorms verwag vanaf Woensdag tot Vrydag.
Die temperatuur in die Vallei sal soos elke Desembermaand hoog bly, maar hierdie Desember kry ons ’n bietjie meer donderstorms as gewoonlik.
Vandag (Maandag) sal die temperatuur ’n maksimum van 29°C bereik. Dit sal gedeeltelik bewolk wees gedurende die dag met 47% wolkbedekking. Die temperatuur sal teen die aand val na 17°C.
Teen more (Dinsdag), sal dit meestal sonnig wees, met die kwik wat 29°C sal bereik en weer die aand sal daal na 18°C. Daar is slegs ’n 25% kans vir reën met donderstorms wat moontlik in die aand in die area kan voorkom.
Woensdag klim die kwik na 31°C met ’n 55% kans vir reën. Dit sal bewolk wees met ’n donderstorm wat op plekke in die middag kan voorkom. Die minimum temperatuur is 19°C.
Die humiditeit sal Donderdag hoog wees met bewolkte toestande. ’n Paar donderbuie word in die middag voorspel met ’n 80% kans vir reën wat verwag word. Die maksimum temperatuur sal 29°C bereik, met ’n minimum van 18°C.
Teen Vrydag word daar stééds reën voorspel met ’n 57% kans vir reën. Dit sal meestal bewolk wees met reënbuie op plekke. Die kwik daal ’n bietjie na ’n maksimum temperatuur van 26°C en ’n minimum van 16°C.
Saterdag sal die wolke verminder en die kwik weer styg na ’n maksimum temperatuur van 30°C en ’n minimum van 18°C.
Teen Sondag word daar weer sonnige tot gedeeltelik bewolkte weer vir die dag voorspel, met ’n 55% kans vir ’n donderstorm in die middag. Die maksimum temperatuur sal 31°C bereik met ’n minimum van 19°C.
Volgende Maandag duur die moontlikheid vir donderstorms voort met ’n 55% kans vir reën. Bewolkte weer met die moontlikheid vir oggendreënval word voorspel. Die humiditeit sal hoog wees en ’n donderstorm kan op plekke voorkom die middag. Die maksimum temperatuur sal 30°C bereik en die minimum sal daal tot 20°C.
