Ben Viljoeners aangestel as NSS-merkers
21 van Hoërskool Ben Viljoen se toegewyde personeellede is aangestel as nasieners van die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-vraestelle.
Om as nasiener van die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-vraestelle aangestel te word, dien as bewys van die uitmuntende gehalte van Hoërskool Ben Viljoen se onderwysers, wat met hul kundigheid en toewyding ’n onmisbare deel vorm van die hartklop van dié skool.
Die onderwysers wat aangestel is as nasieners van die Nasionale Senior Sertifikaat-vraestelle is as volg:
Merkers:
• Me. Comien Booyse: Rekeningkunde Vraestel 2.
• Me. Alicia Giles: Geografie Vraestel 2.
• Me. Christelle Nieman: Verbruikerstudies Vraestel 1.
• Me. Talita Cupido: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Vraestel 2.
• Me. Mariska Joubert: Engels Huistaal Vraestel 3.
• Me. Clarissa Kruger: Afrikaans Huistaal Vraestel 1.
• Me. Elsa Malan: Verbruikerstudies Vraestel 1.
• Me. Anrelene Smit: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Vraestel 3.







Senior merkers
• Me. Marianda van Jaarsveld: Rekenaartoepassingstegnologie Vraestel 2.
• Me. Iea Meyer: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Vraestel 3.
• Me. Ja’nette Janse van Rensburg: Wiskunde Vraestel 1.
• Me. Sanel Griesel: Wiskunde Vraestel 2.




Adjunk-hoofnasieners
• Me. Esmarie Coetzee: Wiskunde Geletterdheid Vraestel 2.
• Me. Dalene Schoeman: Lewenswetenskappe Vraestel 1.
• Mnr. Sarel Snyman: Fisiese Wetenskappe Vraestel 2.
• Me. Elma de Beer: Wiskunde Geletterdheid Vraestel 1.




Hoofnasieners
• Mnr. Johan Cronje: Ingenieursgrafika- en Ontwerp Vraestel 1.
• Me. Christine Coetzee: Wiskunde Vraestel 2.
• Me. Anneke Snyman: Afrikaans Huistaal Vraestel 1.
• Mnr. Thinus Marais: Meganiese Tegnologie.



Interne Moderator
• Me. Hannelie Erasmus: Engels Huistaal Vraestelle 1,2 en 3.

