Observer Daller

Ben Viljoen koshuise hou graad 8 oorslaap-aksie

Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal se koshuise het hul deure oopgemaak vir volgende jaar se graad 8-Uiltjies.

Huis Cherié Meisieskoshuis en Boomhuis Seunskoshuis se spesiale oorslaap-aksie vir 2026 se graads 8’s is jaarliks een van die hoogtepunte op die koshuiskalender, en het weereens bewys hoekom Hoërskool Ben Viljoen se koshuise werklik ’n huis weg van die huis is.

Die doel van die aand was om die nuwe graad 8’s ’n voorsmakie te gee van wat koshuislewe regtig behels. Vanaf die oomblik dat hulle ingestap het, is hulle begroet met opgewondenheid, warmte en die unieke gees wat die Daller-familie so besonders maak.

Four women sit smiling by a pool, dipping their feet in the water on a sunny day. They're wearing matching shirts, with trees and grass in the background.
Me. Ja’nette Janse van Rensburg, me. Clarissa Kruger, me. Sanel Griesel en me. Jaydine Cairncross. Foto: Verskaf.

Benewens die heerlike kos, lag en gesels, was daar ook hope prettige aktiwiteite wat hierdie leerders kans gegee het om mekaar beter te leer ken. Speletjies en spanbou-aktiwiteite het gesorg dat niemand vir ’n oomblik verveeld was nie.

Die Verteenwoordigende Koshuis Raad (VKR), tesame met die bekwame koshuispersoneel, het met groot entoesiasme al die vrae beantwoord en hierdie leerders gewys hoe dinge in hul ‘huis’ werk.

Die oorslaap-aand het meer as net herinneringe geskep, dit het die grondslag gelê vir vriendskappe, vertroue en ’n gevoel van tuiskoms. As hierdie aand ’n voorsmakie was van wat 2026 inhou, dan weet Hoërskool Ben Viljoen dié jaar gaan vol avontuur, groei en koshuistrots wees.

Die skool kan eenvoudig nie wag om elkeen in Januarie 2026 amptelik by hul koshuisfamilie te verwelkom nie!

Lees ook: Ben Viljoeners aangestel as NSS-merkers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button