Observer Daller

Dallers wens LJM se leierskorps geluk

Hoërskool Ben Viljoen se hoofleiers besoek Laerskool Julian Muller om hul nuutverkose leiers van 2026 geluk te wens.

In die gees van ware leierskap en skooltrots het drie van Hoërskool Ben Viljoen se hoofleiers ’n betekenisvolle besoek aan Laerskool Julian Muller gebring.

Die doel van die besoek was eenvoudig, maar besonder waardevol – om die nuutverkose leiers van 2026 geluk te wens, hulle te bemoedig, en ’n brug van samewerking tussen die skole te versterk.

A group of girls in green uniforms stands outdoors. One speaks animatedly, holding a paper, as others listen. The scene is lively with lush greenery.
Me. Sanel Griesel, Rihanna Maunatlala, Isabel Aguinaga en Christi Patricio. Foto: Verskaf.

Met warmte, selfvertroue en ’n duidelike begrip van wat dit beteken om ’n leier te wees, het Hoërskool Ben Viljoen se hoofleiers die jonger leerlinge toegespreek. Hulle het hul eie ervarings gedeel – van die uitdagings wat leierskap meebring tot die vreugdes wat ontstaan wanneer ’n mens dien met integriteit, nederigheid en trots.

Hierdie besoek het meer as net motivering gebied, dit het hoop geplant en ’n gevoel geskep dat hulle deel is van ’n breër gemeenskap wat saamwerk om leiers te vorm wat ’n positiewe impak, nie net in die gemeenskap nie, maar ook in die land gaan maak.

Hoërskool Ben Viljoen wens die nuutverkose leiers van Laerskool Julian Muller alles van die beste toe vir 2026.

Lees ook: Kaylee by Eisteddfod

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button