Groblersdal: ’n Warm Kersfees word verwag
Groblersdallers kan maar gereed maak vir ’n warm Kersfees met die kwik wat hierdie week tot 32°C sal styg.
Soos oudergewoonte sal die Vallei se kwik hoog bly oor Kerstyd, maar met dalk bietjie meer reën as gewoonlik.
Vandag (Maandag) is daar 96% kans vir reën en ’n donderstorm, meestal later in die dag. Die temperatuur sal ’n maksimum van 25°C bereik en ’n minimum van 16°C.
Warmer weer word môre (Dinsdag) verwag met ’n maksimum temperatuur van 32°C en minimum van 19°C. Daar sal minder wolke wees, maar ’n donderstorm kan die aand verwag word in dele van die gebied, andersins sal dit gedeeltelik bewolk wees.
Teen Woensdag kan ’n oggend-donderstorm verwag word, met 55% kans vir reën. Die kwik sal egter hoog bly met ’n maksimum van 31°C en ’n minimum van 19°C. ’n Moontlike donderstorm kan die aand verwag word in dele van die gebied.
Daar is teen Donderdag weer 55% kans vir reën met ’n moontlike donderstorm in die gebied in die oggend. Die temperatuur sal ’n maksimum van 29°C bereik en ’n minimum van 19°C. ’n Donderstorm kan die aand verwag word.
Sonskyn en wolke met ’n donderstorm op plekke kan in die middag van Vrydag verwag word. Daar is ’n 55% kans vir reën en sal die temperatuur ’n maksimum van 31°C bereik en ’n minimum van 19°C. Teen die aand sal dit gedeeltelik bewolk wees met ’n donderstorm op plekke.
Saterdag sal dit meestal bewolk wees met ’n baie hoë humiditeit. Die kwik sal styg tot 31°C en ’n minimum van 19°C. Die humiditeit sal hoog bly gedurende die aand met ’n moontlikheid vir ’n donderstorm laat die aand.
’n Donderbui kan op plekke Sondagoggend verwag word, andersins sal dit meer bewolk wees as sonskyn. Daar is 55% kans vir reën en die maksimum temperatuur sal 32°C bereik met ’n minimum van 16°C.
Maandag is daar weer 55% kans vir reën voorspel. Dit sal meestal ’n sonnige dag wees, met hier en daar wolke. ’n Bietjie reën word vir later die aand voorspel. Die maksimum temperatuur is 30°C met ’n minimum van 15°C.
