Observer Daller

Marble Hall: Liggiehuis hou oop aande!

Die bekende Liggiehuis in Marble Hall hou vanjaar, soos oudergewoonte, twee oop aande vir die publiek om die liggies van nader te aanskou.

Almal in Marble Hall ervaar sommer vinnig Kersvreugde wannneer die Van der Westhuizens hul huis in Proteastraat, soos die afgelope 10 jaar, tooi in die mooiste kersliggies en feesseisoen dekor.

Two people smiling in front of colorful Christmas lights and decorations, including a lit sign reading "Christmas" and a gift box. Festive, joyful atmosphere.
Chris en Charlet van der Westhuizen, eienaars van die Liggiehuis in Proteastraat, Marble Hall. Foto: Janine Saayman.

Om hierdie Kersvreugde aan nóg meer mense te bring, het hulle besluit om twee oop aande aan te bied, wat reeds in 2023 begin het.

Eers het hul besluit om ’n fotohoekie in hul tuin te installer met fotoraam, kersboom, kersvader en die pragtige liggies in die agtergrond.

Daarna het hul besluit om die twee oop aande aan te bied, waar inwoners die geleentheid gegun word om van naby die liggies te bekyk.

A family of four, two adults and two children, sit on a low wall at night, smiling. Behind them are colorful holiday lights and sculptures, creating a festive atmosphere.
Livia Corradi, Heleen van Staden, Clia Corradi en Mario Corradi voor die kersliggies by die Liggiehuis. Foto: Janine Saayman.

Die oop aande dien as ’n fondsinsamelingsprojek vir die 4-Poot Fonds.

Hul sal vanjaar weer die twee oop aande aanbied op 23 en 24 Desember vanaf 19:00 tot 21:00.

Persone kan by die fotohoekie ’n foto neem teen R20 per foto, of self een neem.

Daar sal ook worsbroodjies te koop aangebied word teen R30 en koeldrank teen R10.

Persone wat donasies wil maak gedurende die oop aande, kan kontant of honde- en katkos skenk. Alle fondse en kos word aan die 4-Poot Fonds geskenk.

Gesinne word hartlik uitgenooi om die huis te besoek en kinders kan vir kersvader briefies skryf, wat hulle in die posbus voor die huis kan gooi.

Hierdie jaar is daar ook twee nuwe uistallings aangebring vir unieke kersfoto’s.

A girld and boy sit on a festive red and gold sleigh adorned with colorful lights. A blue garage door and holiday decor are in the background.
Een van die nuwe unieke uitstallings wat hierdie jaar aangebring, waar oulike kersfoto’s geneem kan word. Foto: Janine Saayman.

Geniet die Liggiehuis van naby en voel die Kersvreugde hierdie feesseisoen.

A woman stands beside colorful Christmas decorations under a tree at night. The festive lights include a tree and presents, creating a joyful atmosphere.
Angelique van Wyk staan voor van die kersliggies by die Liggiehuis in Marble Hall. Foto: Janine Saayman.
Nighttime scene of a house with vibrant holiday lights. Neon figures and arches glow in blue, orange, and white, creating a festive atmosphere.
Van die kersliggies by die Liggiehuis. Foto: Janine Saayman.
Two smiling boys sit on a stone ledge surrounded by colorful holiday lights shaped like gifts and a train. A playful person poses in the background.
Lafras Wessels en Andreas Saayman by die Liggiehuis se kersliggies. Foto: Janine Saayman.
Neon Christmas lights on a building display trees, reindeer, and a "Merry Christmas" sign. The festive glow creates a joyful holiday atmosphere.
Kersliggies by die Liggiehuis. Foto: Janine Saayman.
A woman stands smiling beside glowing Christmas decorations, including a sleigh and reindeer made of lights on a lawn. The scene feels festive and cheerful.
Angelique van Wyk staan by die die KPots slee en bokkies uitstalling. Foto: Janine Saayman.

Lees ook: Marble Hall: Loskopvallei Rusoord het Kersfeesgees

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button