Vallei ballerinas presteer by DASA-eksamens
Die Loskop Vallei ballerinas van Elda Meyer Dansakademie het vanjaar goed presteer by die eksterne DASA-eksamens.
Elda Meyer Dansakademie het vanjaar uitsonderlik goed presteer by die eksterne DASA (Dans Akademie van Suid-Afrika)-eksamens.
Ballerinas vanaf drie jaar oud tot gevorderd, het eksamens afgelê en hul baie goed van hul taak gekwyt.
Die uitslae is as volg:
• Leandi du Plessis en Miné Meyer (Tiny Tots 1) het fantastiese verlae vir hul eksamen gekry.

• Die Tiny Tots 2, bestaande uit Anju du Toit, Louané de Haast, Liana Janse van Rensburg, Mila Prinsloo, Kiara van Wyk, Leila Keyser, Bea Wolmarans en Mia Terblanche het hul goed van hul taak gekwyt met hul eksamen. Hul verwerf ook elk ’n medalje met hul medaljetoetse (Petit Performer 1: Music Box Dancer).
Die eksamentrise was besonder beïndruk met hierdie groep dansers en het baie komplimente gehad ten opsigte van hul dissipline, tegnieke en afronding.

• Lienke van Heerden, Romé Pretorius, Elani Erasmus, Nelri Malan en Ru-Mienke de Bruin (Tiny Tots 3) het almal onderskeidings gekry vir hul eksamen, asook vir hul eerste medaljetoets (Petit Performer 1: Music Box Dancer).

• Die Pre-Primary dansers kry onderskeidings vir hul eksamen. Hul het ook hul Petit Performer 2 medaljetoets gedans, waarvoor almal ook onderskeidings ontvang het: Naledi Manasoe (A+), Bontle Tong (A++), Bokang Leshalabe (A), Lynne Madzingwa (A+), Janique Strijdom (A), Meghan Janse van Rensburg (A), Mira van der Merwe (A), Milané Mans (A++) en Hanmerie Vermeulen (A+).

• Die Primary dansers het uitsonderlike prestasies behaal: Phuti Mphuthi (eksamen 96% en medaljetoets A+), Jizelle Hopley (eksamen 87% en medaljetoets (A+), Lara Pretorius (eksamen 95% en medaljetoets A), Karli Pretorius (eksamen 96% en medaljetoets A), Nina Kotze (eksamen 85% en medaljetoets A), Talia van Rooyen (eksamen 81% en medaljetoets A) en Katerien Botes (eksamen 88% en medaljetoets A).

Die Primary wisseltrofee is ook oorhandig vir beste presteerder in die eksamen en word gedeel deur Karlie Pretorius (96%) en Phuthi Mphuthi (96%).

Die Primary wisseltrofee vir beste presteerder in verhoogwerk word gedeel deur Phuthi Mphuti (A+) en Jizelle Hopley (A+).

• Die Graad 2 balleteksamen dansers het baie goeie prestasies opgelewer: Emily Ritchie (eksamen 88% en kontemporêre ballet medaljetoets A+), Kayla Cronjé (eksamen 82% en kontemporêre ballet madaljetoets A+) en Annerette Meyer (eksamen 85% en kontemporêre ballet medaljetoets A+).

Die beste presteerder trofee vir Graad 2 is aan Emily Ritchie oorhandig met ’n eksamen uitslag van 88%.

Die beste presteerder vir verhoogwerk vir Graad 2, word gedeel deur Emily Ritchie (A+), Annerette Meyer (A+) en Kayla Cronjé (A+).
• Die Graad 4 ballerinas het uitstekend gevaar met hul eksamen en kontemporêre madaljetoets: Ansophie Prinsloo (eksamen 81% en kontemporêre medaljetoets A+) en Izanie Bouwer (eksamen 84% en kontemporêre medaljetoets A++).


Izanie Bouwer is ook aangekondig as die spogpresteerder by Elda Meyer Dansakademie.

• Die Graad 5 ballerinas het baie goeie uitslae opgelewer: Alayla Paissopoulos (eksamen 81% en medaljetoets A+), Eliska Prinsloo (eksamen 87% en medaljetoets A++) en Liané Kotze (eksamen 63% en medaljetoets A).

Die beste presteerder wisseltrofee vir die Graad 5-eksamen is aan Eliska Prinsloo oorhandig, asook die wisseltrofee vir beste presteerder in verhoogwerk.
• Monique Viljoen het ook uitmuntende prestasies in ballet behaal.
Sy het in Pretoria haar Intermediate Ballet-eksamen by die Dans Akademie van Suid-Afrika met ’n onderskeiding geslaag. Dié Intermediate-vlak verteenwoordig die tweede eksamenjaar in ’n vierjaar-graadroete wat daarop gemik is om ’n balletloopbaan af te sluit.
Verder is Monique ook vanjaar tydens die Elda Meyer Dansakademie se prysuitdeling vereer met die volgende toekennings: Beste presteerder in verhoogwerk met ’n A+ en mees belowende danseres vir gevorderde klaswerk vir 2025.

