Observer Daller

Laerskool Julian Muller skoolhoof: ‘Geseënde Kersfees’

Laerskool Julian Muller in Groblersdal se skoolhoof sê dankie vir almal wat 2025 spesiaal gemaak het.

Laerskool Julian Muller se skoolhoof, mnr. Fanie Vermeulen, bedank die Vallei gemeenskap vir hul ondersteuning deur 2025 en wens elkeen ’n gelukkige en geseënde Christusfees toe.

Mnr. Fanie Vermeulen (skoolhoof van Laerskool Julian Muller):

“Met ’n terugblik op 2025, kan ’n mens nie anders as om weereens dankbaar te wees vir ’n geseënde jaar nie.

2025 was gevul met dit waarvoor LJM bekend is: mooi prestasies, suksesse op akademiese gebied, sportprestasies, ’n massa-revue, geleenthede en mense wat vir mekaar omgee. Ons kan ook nie anders as om vir die breë Groblersdalgemeenskap dankie te sê nie – nie slegs vir ondersteuning die jaar nie, maar vir verbintenisse oor baie jare. Ons Beheerliggam, ouers en personeel verdien ook ’n spesiale woord van dank.

Met die aanbreek van die einde van die skooljaar, is dit vanselfsprekend om ’n oomblik stil te staan en bewus te word van die wonder van Kersfees. Mag ons almal soos die Wysemanne van ouds, na die Bron van Lig gelei word.

’n Gelukkige en geseënde Christusfees vir almal. Mag die Vader elkeen opreg seën.

LJM groete.”
Foto: Mnr. Fanie Vermeulen (skoolhoof van Laerskool Julian Muller).

Lees ook: Vallei ballerinas presteer by DASA-eksamens

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button