Observer Daller

CVO Marmer: ‘Dankbaar’

CVO Marmer in Marble Hall se skoolhoof is dankbaar vir die ondersteuning wat hulle ontvang het hierdie jaar.

CVO Marmer se skoolhoof, mnr. Bossie Boshoff, het sy waardering en dankbaarheid uitgespreek teenoor die skoolgemeenskap en hul ouers vir ’n geseënde 2025.

Mnr. Bossie Boshoff (skoolhoof van CVO Marmer):

“Dis weer daardie tyd van die jaar, die tyd waar ons met dankbaarheid terugkyk en met hoop vorentoe kyk. Dit voel soos gister dat ons 2025 afgeskop het, en nou staan ons reeds aan die einde daarvan. Wat ’n jaar was dit nie!

Saam het ons uitdagings getrotseer, hoogtepunte beleef, en met trots na soveel groei en prestasies gekyk. Elke ouer, leerling, onderwyser, ondersteuner en borg het ’n belangrike rol gespeel om hierdie jaar vir CVO Marmer besonder te maak.

Ons sê uit die diepte van ons harte baie dankie vir elke bydrae, gebed, ondersteuning en glimlag wat hierdie jaar ligter gemaak het.

Ons wens vir elkeen van julle ’n veilige, vreugdevolle en geseënde Christusfees toe, ’n tyd van rus, liefde en herinnering aan die grootste Gawe van almal.

Mag 2026 vir jou en jou gesin ’n jaar wees vol vrede, lag, nuwe drome en oorvloedige seëninge.

Met rotsvaste groete en waardering, CVO Marmer.”

Lees ook: Dallers wens LJM se leierskorps geluk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button