Observer Daller

Gromar: ‘Geseënde Christusfees’

Gromar in Groblersdal wens elke ouer, personeellid en leerder ’n Geseeënde Christusfees en ’n voorspoedige 2026 toe.

Die Ouerraad voorsitter van Gromar, mnr. Hendrik Kotzé, wens hul ouers, personeel en leerders ’n geseënde Christusfees en voorspoedige 2026 toe ná ’n 2025 vol hoop, uitdagings, suksesse en prestasies.

Mnr. Hendrik Kotzé (Ouerraad voorsitter by Gromar):

“2025 was ’n vol jaar. ’n Jaar vol hoop, ’n jaar vol uitdagings, ’n jaar vol suksesse en pragtige prestasies. Ons eindig die jaar af met harte vol van trots en dankbaarheid!

Ons is trots op ons skool, ons terrein, ons personeel en ons leerders van die kleinste babatjie tot die matrieks.

Hier by Gromar is ons een groot familie wat omgee, ondersteun, saamwerk, saam droom en saam bou aan die toekoms! En daarop is ons trots.

Ons leerders het verskeie prestasies op skoolvlak en buitemuurs behaal in beide sport en kultuur die jaar. Ons het nog ’n pragtige Winterspele aangebied waar duisende mense ons skool kom besoek het en leerders die geleentheid gehad het om hulle op die sportveld uit te leef.

By Gromar ag ons akademie as hoofprioriteit en is trots en dankbaar vir elke leerder se akademiese groei en prestasies die jaar.

Dit was ’n jaar vol strategiese beplanning en ons is baie opgewonde vir wat die toekoms inhou vir Gromar. Ons groei dag na dag van krag tot krag met die genade van Bo.

Ons eindig die jaar af en sê dankie. Dankie vir ons Hemelse Vader. Dankie aan elke ouer, personeellid en leerder.

Waar ’n groep mense saam kom vol passie en vol drome en hande vat en saamwerk met oë gerig na Bo weet ons, ons toekoms is blink.

Ons wens u elkeen ’n Geseënde Christusfees toe en ’n voorspoedige 2026!”

Lees ook: Vallei ballerinas presteer by DASA-eksamens

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button