Groblersdal: Reën verwag op Oujaarsdag
Donderstorms word in die Groblersdal-omgewing verwag op Oujaarsoggend en Oujaarsaand.
Groblersdallers sal dalk ’n paar planne moet verander vir Oujaarsdag, aangesien daar donderstorms in die area verwag word vir Woensdagoggend tot Woensdagaand, asook stormbuie op Nuwejaarsoggend.
Die kwik sal die hoogte inskiet vandag (Maandag) met die maksimum temperatuur wat 34°C sal bereik. Dit sal gedeeltelik bewolk wees met donderstorms wat in die middag verwag kan word. Daar is ‘n 55% kans vir reën. Teen vanaand sal die temperatuur daal tot 19°C.
More (Dinsdag) sal die kwik laer wees met temperature van 30°C en 18°C. Daar is kans vir donderstorms vroeg die oggend. Slegs 25% kans vir reën word voorspel.
Woensdag, op Oujaarsdag, word 56% kans vir reën voorspel, met die moontlikheid vir donderstorms in die omgewing deur die loop van die dag. Die maksimum temperatuur is 30°C en die minimum 18°C.
Teen Donderdag, op Nuwejaarsoggend, word daar nog donderstorms voorspel met ‘n 55% kans vir reën. Gedeeltelik bewolkte weer word verwag met laer temperature van 29°C (maksimum) en 17°C (minimum).
Vrydag word warm weer verwag, met ’n maksimum van 32°C en minimum van 19°C. Gedeeltelike sonskyn word vir die hele dag verwag.
Daar is weer 55% kans vir reën vir Saterdag voorspel, met moontlike donderstorms wat in die oggend verwag word. Die res van die dag sal gedeeltelike sonskyn verwag word.
Die kans vir reën styg teen Sondag na 75% en die temperatuur daal na ’n maksimum van 27°C en minimum van 18°C. Verskeie donderstorms word in die omgewing verwag.
Die reën sal Maandag voortduur met ’n 55% kans vir reën en ’n donderstorm wat in die oggend verwag kan word. Die temperatuur sal laer bly met ’n maksimum van 27°C en minimum van 19°C.
