Observer Daller

Ben Viljoen groet onnies

Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal groet ses van hul onderwysers en wens hul seën toe vir hul volgende avonture.

Soos die eiende van die jaar aanbreek, só groet mens soms meer as net die jaar. Hoërskool Ben Viljoen neem hierdie jaar afskeid van ses van hul onderwysers, wie se passie, deursettingsvermoë en harde werk sal voortleef by die skool.

• Mnr. Bongi Dlamini het sedert hy op 9 Januarie 2023 by die skool aangesluit het, nie net ’n passie vir Engels na die klaskamer gebring nie, maar ook ’n uitsonderlike dryfkrag op die rugbyveld. Sy invloed as afrigter het talle jong spelers gevorm en geïnspireer.

• Me. Clarissa Kruger is sedert 14 Januarie 2025 deel van die Hoërskool Ben Viljoen span. Sy het Afrikaans aangebied en leerders nie net taalvaardigheid geleer nie, maar ook ’n nuwe perspektief met betrekking tot leer en selfvertroue.

Young woman smiling outdoors, wearing a green blazer with gold stripes and school emblem. Pink earrings add a pop of color. Lush greenery in background.
Me. Clarissa Kruger. Foto: Verskaf.

• Mnr. Paul Kruger is sedert 14 Januarie 2025 deel van die Ben Viljoen-familie. Mnr. Kruger het Wiskunde Geletterdheid en Lewensoriëntering aangebied, en sy passie vir onderrig en sport het ’n merkbare impak op leerders en kollegas gemaak.

A smiling man in glasses wearing a green and yellow-striped blazer with a crest stands outside. Lush greenery forms the bright, vibrant background.
Mnr. Paul Kruger. Foto: Verskaf.

• Me. Alicia Giles het op 10 Januarie 2022 aangesluit by Hoërskool Ben Viljoen. Sy het nie net sportvaardighede by haar dogterskrieket- en hokkiespanne ontwikkel nie, maar ook selfvertroue, deursettingsvermoë en spangees by elke speler laat groei. Onder haar leiding het haar hokkiespanne jaarliks uitsonderlike prestasies behaal, en sy het haar spelers laat glo in hul volle potensiaal.

• Me. Talita Cupido was ’n toegewyde Afrikaanse onderwyseres wie se naam sinoniem geword het met lojaliteit, harde werk en ’n diep liefde vir haar taal.
In die klaskamer het sy nie net taal onderrig nie, maar ook die skoonheid daarvan laat lééf – deur elke gedig, elke opstel en elke gesprek. Sy het vir leerders gewys dat Afrikaans nie net ’n vak is nie, maar ’n identiteit, ’n storie, en ’n manier om die wêreld te verstaan.
Sy het ook aan die hoof gestaan van Ben Viljoen ATKV Jeugtak, waar sy kultuur omskep het in aksie.

A smiling person wearing glasses is outdoors, dressed in a green blazer with yellow stripes and an emblem. Background of lush greenery suggests a park.
Me. Talita Cupido. Foto: Verskaf.

• Me. Mareli de Klerk, die Visuele Kuns-juffrou wat sedert 27 Januarie 2021 deel was van Ben Viljoen, word gegroet.

Van die eerste dag af het me. de Klerk die kunsvleuel van Ben Viljoen met kleur, karakter en kreatiwiteit gevul. Onder haar leiding het die skool se toneelgroepe hoër hoogtes bereik, ’n bewys dat kuns nie net op papier leef nie, maar ook in beweging, stem en uitdrukking. Daar het selfs ’n graad agt konsert en revue uit haar pen gekom. Haar betrokkenheid by die interhoër dirigente het verder getoon hoe sy kreatiwiteit op verskeie maniere vorm kon gee – of dit nou deur musiek, beweging of visuele beelde was.

Smiling woman with long blonde hair, wearing a green blazer with yellow stripes and an emblem over a light blue and white top, outdoors with greenery.
Me. Mareli de Klerk. Foto: Verskaf.

Hoërskool Ben Viljoen wens elk van hierdie onderwysers sterkte en voorspoed met hul volgende avonture.

Lees ook: Groblersdal: Ben Klok ingewy

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button