Observer Daller

Hoërskool Ben Viljoen: Wille Honne het algemene kennis!

Die Wille Honne wen Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal se Kultuurfees algemene kennis-afdeling.

Die algemene kennis-afdeling van Hoërskool Ben Viljoen se Kultuurfees het tydens pouse plaasgevind, met leerders wat in groepe teen mekaar deelgeneem het.

Die vraelys wat hierdie leerders moes voltooi, het bestaan uit ’n wye spektrum vrae waarvan die moeilikheidsgraad gewissel het en behoorlik leerders laat kopkrap het oor sommige antwoorde.

Die wenners was die Wille Honne (graad 11-klas) wat bestaan uit Jaco van der Westhuyzen, Danelle Hall, Duan Scorgie en Tia-Mari Theron.

Lees ook: Flits by streeksfees en Interhoër

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button