Observer Daller

Eerste Supermaan van 2026

Groblersdallers sal die eerste Supermaan vir 2026 Saterdag (more) teen skemer kan sien.

Die eerste volmaan van 2026, Januarie se Wolfmaan, sal ook ’n Supermaan wees.

Dit beteken dat die maan groter en helderder sal lyk, omdat dit op of naby sy naaste punte aan die aarde in sy elliptiese wentelbaan sal wees.

Alhoewel dit die eerste van drie supermane in 2026 is, is dit die laaste in ’n reeks van vier vanaf einde van 2025.

In 2026 sal Suid-Afrika drie volle supermane ervaar, wat in Januarie, November en Desember plaasvind.

Die datums vir die 2026-supermane in Suid-Arika is:
•3 Januarie 2026 (na die laaste 2025-supermaan op 4 Desember).
•24 November 2026.
•24 Desember 2026 (die jaar se naaste supermaan, wat op Oukersaand plaasvind).

Hierdie gebeurtenisse vereis nie spesiale toerusting nie en kan met die blote oog geniet word.

Lees ook: Laaste supermaan in Groblersdal gesien!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button