Observer Daller
Hoërskool Ben Viljoen: Blokkuns samewerking op die vierkant
Tydens Hoërskool Ben Viljoen se blokskilder-afdeling in die Kultuurweek is die vierkant omskep in ’n fees van kleur en kreatiwiteit!
Leerders het met bordkryt die vierkant opgehelder met treffende blokkuns-ontwerpe wat handel oor een van die twee temas, wonderful animals/birds of fabulous cartoons.
Wat hierdie afdeling van die kultuurweek so besonders maak, is dat dit nie net oor kuns gaan nie – dis ’n simbool van samewerking, trots en die vreugde om iets te skep wat gesien en waardeer kan word.



Lees ook: Flits by streeksfees en Interhoër
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
