Groblersdal: Twee verkeersligte buitewerking
Motoriste word gewaarsku dat twee verkeersligte in Groblersdal buitewerking is en moontlik verkeersvloei kan beïnvloed.
Die verkeerslig by die vierrigting van Van Riebeeck-, Chris Wiid, en Wesstraat (naby Sasko) is buitewerking, asook die verkeerslig in Voortrekkerstraat voor Hoërskool Ben Viljoen.
Die verkeerlig wat buitewerking is naby Sasko, kan moontlik ’n verkeersvloei-probleem veroorsaak, veral tussen 06:30 en 09:00, 12:00 en 14:00, asook 17:00 tot 18:30.
Motoriste word gemaan om van alternatiewe roetes gebruik te maak, indien moontlik, om hierdie verkeerslig te vermy, veral tydens spitstye.
Padverbruikers word gevra om versigtig te wees, aangesien motoriste geneig is om nie die verkeersreël na te kom dat as ’n verkeerslig nie werk nie, voertuie moet stop.

• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
