Dis vis-skriklik lekker in die Loskop Vallei!
Het jy ’n groot vis gevang hierdie vakansie in die Loskop Vallei of met vakansie in ’n ander dorp? Deel jou vangste met ons!
Dié vakansie is die visstokke behoorlik afgestof met hengelaars wat om elke dam in die Loskop Vallei, by die see of by ander damme gestaan het om ’n groot vis te laat byt!
Die Loskop Vallei omgewing is altyd ’n brandpunt vir hengelaars om pragtige en groot visse te vang, veral met die groot Loskopdam en Flag Boshielodam hier in ons omgewing.
Indien jy ’n groot vis gevang het hierdie vakansie of dalk jou eerste vis ooit, deel jou ondervinding met ons.
Stuur gerus vir ons foto’s van jou met jou vangs en ons publiseer dit graag in die koerant of op ons webblad.
• Foto’s van jou met jou vis, jou naam en van, gewig van die vis, aas (of kunsaas) waarop jy die vis gevang het en waar jy die vis gevang het, kan per WhatsApp gestuur word aan Janine by 082 575 7016 of per e-pos aan news@daller.co.za.
