Groblersdal: Verkeersligte stééds buitewerking
Twee verkeersligte in Groblersdal is stééds buitewerking en motoriste word gewaarsku om versigtig te wees.
Die verkeerslig by die vierrigting van Van Riebeeck-, Chris Wiid- en Wesstraat (naby Sasko), asook die verkeerslig in Voortrekkerstraat voor Hoërskool Ben Viljoen is reeds vanaf gister buitewerking.
Veral tussen 06:30 en 09:00, 12:00 en 14:00, asook 17:00 en 18:30, kan daar moontlik verkeersvloei-probleme is weens die verkeerslig naby Sasko wat nie werk nie.
Motoriste word gemaan om versigtig te wees, aangesien motoriste geneig is om nie die verkeersreël na te kom dat as ’n verkeerslig nie werk nie, dit outomaties ’n stopstraat is en verkeer moet stop.
• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
