Wees gewaarsku! Groot slaggate in Groblersdal!
Motoriste word gemaan om versigtig te wees vir slaggate op die N11 (Voortrekkerstraat en Herefordstraat) in Groblersdal.
Yslike slaggate het gedurende Desember 2025 gevorm op die N11 naby Hoërskool Ben Viljoen en die Groblersdal Hospitaal in Voortrekkerstraat, asook naby Coastal Hire en JAC Motors in Herefordstraat.
Dit is veral gevaarlik vir motoriste op dié pad, wanneer ander voertuie vir hierdie slaggate uitswaai en in die ander baan inry.

• Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het slegs twee maande vroeër, in Okotober 2025, ’n kontrakteur aangestel om die N11 vanaf Groblersdal Hospitaal (Voortrekkerstraat) tot by die Sasol vulstasie (Herefordstraat) te herstel.
Die instandhoudingswerk is in November afgehandel, maar klagtes vanaf motoriste het vanaf Desember ingestroom dat slaggate weer gevorm het.

• Die Daller het navrae gedoen by die mediakantoor van Sanral, maar nie terugvoer ontvang voor die plaas van hierdie artikel nie.
• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
• Lees meer in hierdie week se Daller.
