Observer Daller

Groblersdal: Nóg reën op pad!

Swaar donderstorms word in die Groblersdal omgewing verwag vir Dinsdagmiddag (more) tot Woensdagaand.

Groblersdaller kan ’n nat eek verwag met nóg baie reën wat vir hierdie week voorspel word. Die kans vir reën sal bo 55% bly tot Vrydag.

Vandag (Maandag) sal dit meestal bewolk bly met ’n paar reënbuie en ’n donderstorm wat vanaand verwag word. Die maksimum temperatuur sal 27°C bereik, terwyl dit teen vanaand tot ’n heelwat koeler 17°C sal daal. Teen vanaand is daar ’n 65% kans vir reën met 2.4mm reën wat verwag word.

More (Dinsdag) sa ldit meestal bewolk wees met ’n paar reënbuie en ’n donderstorm in die middag. Daar is ‘n 69% kans vir reën deur die dag, met ‘n 99% kans in die aand en 37.3mm reën wat verwag kan word. Die res van die nag sal bewolk bly met reënbuie en donderstorms wat hoofsaaklik laat in die aand verwag word. Die maksimum temperatuur sal 31°C bereik en sal afkoel tot 18°C gedurende die nag.

Donderstorms word Woensdag verwag, met ’n 82% kans vir reën gedurende die dag. Die res van die dag sal bewolk wees met die maksimum temperatuur wat 27°C bereik en die minimum wat tot 19°C sal daal. ’n Paar aandbuie en ’n donderstorm word verwag met ’n 67% kans vir reën.

’n Oggendstorm word Donderdag in dele van Groblersdal verwag met ’n 55% kans op reën. Die res van die dag sal bewolk wees met die maksimum temperatuur wat tot 30°C styg en teen die nag sal dit tot 19°C daal. Die res van die nag sal bewolk wees met ’n donderstorm op plekke laat in die aand en ’n 55% kans vir reën.

Periodieke reën word Vrydag verwag met ’n 89% kans op reën. Andersins sal die res van die dag en aand bewolk bly. Die maksimum temperatuur sal 30°C bereik, terwyl die minimum 18°C sal wees.

Teen Saterdag sal die Groblersdallers kan vergeet dat daar reën was gedurende die week met die maksimum temperatuur wat sal styg tot 32°C en ’n minimum van 18°C. Daar is slegs ’n 25% kans vir reën en die dag sal meestal sonnig wees met ’n baie hoë UV-indeks.

Na ’n bewolkte Sondagoggend sal daar ’n afname in wolke wees en die dag sal baie vogtig wees. Die maksimum temperatuur sal 33°C bereik, terwyl die minimum tot 20°C sal daal. ’n Baie vogtige nag met ’n toename in wolke word verwag met ’n 23% kans op reën.

Die warm temperatuur sal Maandag voortduur met ‘n maksimum van 32°C. Dit sal gedeetelik bewolk wees ‘n verwagte 25% reënval. Die temperatuur sal daal tot 19°C met ’n donderbui wat laat in dele van die gebied verwag word en ’n 40% kans vir reën.

Lees ook: Wees gewaarsku! Groot slaggate in Groblersdal!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button