Waarskuwing: Verkeersligte in Groblersdal stééds buitewerking
Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees aangesien daar stééds twee verkeersligte in Groblersdal buitewerking is.
Met die skole wat vandag (Woensdag) weer geopen het, kan hierdie twee verkeersligte wat nie werk nie, moontlik verkeersvloei-probleme veroorsaak.
Die verkeerslig by die vierrigting van Van Riebeeckstraat-Chris Wiid- en Wesstraat (naby Sasko), asook die verkeerslig in Voortrekkerstraat voor Hoërskool Ben Viljoen is al vir ’n paar dae buitewerking.
Verkeersvloei-probleme kan moontlik ondervind word tussen 06:00 en 09:00, 12:00 en 14:00, asook 17:00 en 18:30.
Motoriste word gemaan om versigtig te wees, veral vir motoriste wat geneig is om nie die verkeersreël na te kom dat as ’n verkeerslig nie werk nie, dit outomaties ’n stopstraat is en verkeer moet stop.
• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
