Observer Daller

Wees versigtig! Slaggate in Groblersdal word herstel

Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees terwyl die slaggate op die N11 (Herefordstraat) in Groblersdal herstel word.

Konstruksiewerkers is tans besig om die slaggate op die N11 in Herefordstraat by Coastal Hire in Groblersdal te herstel.

Die yslike slaggate het gedurende Desember 2025 gevorm op die N11 en is veral gevaarlik vir motoriste op dié pad, wanneer ander voertuie vir hierdie slaggate uitswaai en in die ander baan inry.

Die dubbelbaan vanaf Gunmar na die NG Kerk in Groblersdal is gesluit, terwyl die herstelwerk plaasvind. Een van die dubbelbane vanaf Design a Sign na JAC Motors in Herefordstraat is geopen vir verkeer vanaf Marble Hall.

A quiet street with traffic cones marking lanes, lined with tall palm trees and a few parked vehicles. The scene conveys a calm, sunny atmosphere.
Konstruksiewerkers dui motoriste aan waarheen om te ry en padtekens is aangebring om motoriste te help. Foto: Janine Saayman.

Daar is konstruksiewerkers wat vir motoriste aandui waar om te ry en padtekens is in plek om motoriste te waarsku.

• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.

Lees ook: Wees gewaarsku! Groot slaggate in Groblersdal!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button