Observer Daller

Oud-Daller, Liske, is in Dubai!

Liske Lategan, ’n oud Groblersdaller, is tans in Dubai en sal as deel van die Suid-Afrikaanse Vroue Sewesrugbyspan uitdraf vir die HSBC SVNS 3.

Die Loskop Vallei is opgewonde om hierdie naweek die Suid-Afrikaanse Vroue Sewesrugbyspan in Dubai dop te hou, waar hulle in die HSBC SVNS 3 sal speel, aangesien ons eie, Liske Lategan, in hierdie span opgeneem is.

Liske is ’n oud Groblersdaller en het vanuit Hoërskool Ben Viljoen matrikuleer in 2016.

Sy het verlede jaar, vir die Suid-Afrikaanse Vroue Sewesrugbyspan uitgedraf tydens die Afrika Vroue Sewestoernooi in Nairobi, Kenia. Die toernooi het van 15 tot 16 November plaasgevind en het die beste vroue-sewesspanne van die kontinent byeengebring.

Liske en haar span het met vasberadenheid, samewerking en indrukwekkende vaardigheid die kapioenstitel vir die tweede agtereenvolgende jaar ingepalm by die Afrika Vroue Sewestoernooi, waar hul in die finaal met 22-0 teen die gasheerland, Kenia, geseëvier het.

Hierdie oorwinning het nie net Suid-Afrika se 13de Afrika Vroue Sewesrugbytitel beteken nie, maar het ook die span se plek in die HSBC SVNS 3 versker.

Liske vind tans haarself in Dubai. Hulle het Dinsdagoggend geland met die eerste wedstryd van die HSBC SVNS 3 wat Saterdag gespeel word.

Die HSBC SVNS 3 vorm deel van die nuwe formaat van die Wêreldrugby uitdaagreeks en is ’n losstaande toernooi.

Die Suid-Afrikaanse Vroue Sewesrugbyspan bestaan uit: Leigh Fortuin (#1), Asisipho Plaatjies (#2), Patience Mokone (#3), Zintle Mpupha (#4), Maria Tshiremba (#7), Nadine Roos (#9 en kaptein), Byrhandré Dolf (#10), Liske Lategan (#12), Simamkele Namba (#14), Vianca Boer (#15), Shiniqwa Lamprecht (#16) en Ayanda Malinga (#23).

Liske en haar span speel in die Pool A teen Mexco, Czechia en Thailand op Saterdag (17 Januarie).

Ná ’n langtermyn besering, sê Liske dat dit baie goed gaan met haar. “Ek is weer fiks en het baie goed herstel van my besering. Die Afrika Vroue Sewestoernooi was my eerste toernooi na my besering.”

Volgens Liske verwag sy nie dat hul wedstryde in Dubai maklik gaan wees nie.

“Ek weet dit gaan nie maklik wees nie en ons kan geen span onderskat nie, maar ons hooffokus is op ons eie proses en om in elke wedstryd net ons beste te gee, want ons weet wat op die spel is,” sê Liske.

Indien die Suid-Afrikaanse Vroue Sewesrugbyspan daarin slaag om Saterdag deur te dring na die finaal wat Sondag sal plaasvind, sal hul dadelik kwalifiseer vir die drie toernooie in die HSBC SVNS 2 wat in Nairobi (14 en 15 Februarie), Montevideo (21 en 22 Maart) en Sao Paulo (28 en 29 Maart) sal plaasvind.

Groblersdallers kan Liske dophou terwyl hul speel. Die Pool A skedule (Suid-Afrikaanse tyd) is as volg:
•Mexico om 09:06.
•Czechia om 12:22.
•Thailand om 15:38.

Lees ook: Dis vis-skriklik lekker in die Loskop Vallei!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button