Observer Daller

Groblersdal: Blomme verfraai ou kragboks

’n Inwoner van Groblersdal het die sementblok, wat as voetstuk gedien het vir die ou kragbokse, verfraai met blomme.

Blomme kan enigiets mooier laat lyk.

Daar is ’n Engelse gesegde: “When life gives you lemons, make lemonade.” Hierdie gesegde kan verseker gebruik word in hierdie geval.

’n Inwoner van Hoep-Hoepstraat in Groblersdal, het die lelike en verlate sementblok, wat eens op ’n tyd die voetstuk was van ’n ou kragboks, verfraai met blomme en die lelike aangesig in ’n positief verander.

In 2021 is die beskadigde kragbokse in die woongebiede van Groblersdal stelselmatig vervang met splinternuwe kragbokse.

Alhoewel die inwoners baie dankbaar was vir hierdie inisiatief vanaf die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit, was hul egter omgekrap dat die ou kragbokse net so op hul sypaadjies gelaat is.

Later is die ou kragbokse verwyder, ná talle klagtes, maar die sementblokke wat as voetstukke gebruik was vir hierdie ou kragbokse is nooit verwyder nie. Die verskoning? Die sementblokke is te swaar.

A person stands on a green lawn near two utility boxes, one green and one beige, under a tree, in front of a residential area, smiling confidently.
Mario Corradi staan by die nuwe kragboks kort nadat dit geÏnstalleer is. Die ou kragboks is net daar gelaat, asook die sement voetstuk. Foto: Janine Saayman (Daller argief foto).

Dit is al vyf jaar later, en as jy nog deur die woongebiede ry, sien jy stééds heirdie sementblokke lê, wat natuurlik nie die mooitse aangesig is nie.

Die inwoner in Hoep-Hoepstraat het egter van hierdie probleem ‘limonade’ gemaak.

Die sementblok is gevul met pragtige blommetjies.

Hierdie laat mens dink aan die foto’s wat die rondte doen op sosiale media van persone wat bome in slaggate plant.

A small Christmas tree, adorned with colorful ornaments and gold tinsel, is humorously planted in a road pothole. A blurred seaside landscape is in the background.
’n Kersboom is in ’n slaggat geplant. Hierdie foto het sy rondte op sosiale media gedoen in Desember 2025. Foto: Love the Pen Facebookblad.

Dié Groblersdal inwoner het bewys dat daar altyd iets positief kan kom uit ’n negatiewe situasie. In die geval? Mooi blomme.

Lees ook: Groblersdal waarskuwing: Padwerke en verkeersligte stééds buitewerking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button