Groblersdal: ’n Warm en sonnige week word verwag
Warm en sonnige weer word vir die week in Groblersdal verwag met ’n moontlike donderstrom Donderdag en Vrydag.
Alhoewel die week warm en sonnige weer inhou, is daar ’n 55% kans en meer vir reën vir Donderdag en Vrydag.
Vandag (Maandag) sal sonnig wees met ’n paar wolke. Die maksimum temperatuur sal 32°C bereik en die minimum sal 18°C wees.
More (Dinsdadg) sal die kwik styg na 34°C met ’n sonnige dag. Die minimum temperatuur sal 20°C wees.
Gedeeltelike sonskyn word Woensdag verwag met die maksimum temperatuur van 32°C en die minimum 20°C.
Donderdag is daar 70% kans vir reën met ’n donderstrom of twee wat in die middag verwag kan word. Die maksimum temperatuur sal 33°C bereik. Die aand sal bewolk wees met donderstorms wat in gedeeltes verwag kan word laat die aand. Daar is ’n 55% kans vir reën laat die aand en die temperatuur sal daal tot 20°C.
’n Donderstorm kan plek-plek verwag word Vrydagoggend met ’n 55% kans vir reën. Die maksimum temperatuur sal 33°C bereik, terwyl dit die aand sal daal na 17°C.
Saterdag kan warm en sonnige weer verwag word met die maksimum temperatuur wat 33°C sal bereik. Die aand sal gedeeltelik bewolk wees met die temperatuur wat sal daal na 18°C.
Sonnige tot gedeeltelike bewolkte weer kan verwag word vir Sondag. Die kwik sal styg tot ’n warm 34°C en sal die aand daal na 20°C. ’n Donderstorm kan plek-plek verwag word. Daar is ook ’n 55% kans vir reën en 33% kans vir donderstorms in die aand.
Hoë humiditeit en sonnige weer word verwag vir Maandag, met die kwik wat sal styg tot 33°C. Daar is kans vir ’n donderstorm in gedeeltes van die area in die aand met ’n 55% kans vir reën en 50% kans vir donderstorms. Die temperatuur sal die aand daal na 19°C.
