Observer Daller

Groblersdal: Padwerke en verkeerslig kan verkeer belemmer

Motoriste in Groblersdal word gewaarsku dat die padwerke op die N11 (Voortrekkerstraat), asook die stukkende verkeerslig in dié straat, verkeersopeenhopings veroorsaak.

Konstruksiewerkers is tans besig om slaggate te herstel op die N11 in Voortrekkerstraat tussen die Volle Evangelie Kruisgenerasie Kerk in Groblersdal en die Loskop Gimnasium.

Hierdie padwerke volg nadat konstruksiewerkers reeds die slaggate verlede week begin herstel het op die N11 in Herefordstraat.

Die dubbelbaan vanaf die Volle Evangelie Kruisgenerasie Kerk en die Loskop Gimnasium is tans gesluit terwyl herstelwerk plaasvind.

Een van die dubbelbane vanaf Middelburg se rigting (Hoërskool Ben Viljoen) na die dorp (Haarhoffstraat se rigting) is oop vir verkeer op pad na Hoërskool Ben Viljoen en Middelburg. Die ander baan word gebruik vir verkeer vanaf Middelbug na Groblersdal.

Daar is konstruksiewerkers wat vir motoriste aandui waar om te ry en padtekens is in plek om motoriste te waarsku.

Die padwerke, asook die verkeerslig by Hoërskool Ben Viljoen wat al vir ’n geruime tydperk buitewerking is, veroorsaak verkeersoppeenhopings, veral in spitstye.

A quiet, sunlit street with traffic lights and lush green trees lining both sides. The road stretches into the distance, creating a serene atmosphere.
Die verkeerslig by Hoërskool Ben Viljoen in Voortrekkerstraat is ook buitewerking. Foto: Janine Saayman.

Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees. Verkeersvloei-probleme ondervind kan word tussen 06:00 en 09:00, 12:00 en 14:00, asook 17:00 en 18:30.

• Padverbruikers word ook gewaarsku om versigtig te wees, aangesien daar motoriste is wat nie die verkeerswetgewing volg deur by dié verkeerslig te stop terwyl dit nie werk nie.

Lees ook: Groblersdal waarskuwing: Padwerke en verkeersligte stééds buitewerking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button