Observer Daller

Waarskuwing: N11 Schoemanpad gesluit na grusame ongeluk vanoggend

Die N11 Schoemanpad is tans gesluit vir forensiese ondersoek ná ’n gru-ongeluk vanoggend net voor Schoeman Boerdery.

Een persoon is dood in ’n ongeluk omstreeks 06:00 vanoggend naby Schoeman Boerdery.

Volgens Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, sal die N11 Schoemanpad vir ’n geruime tydperk nog gesluit wees vir die forensiese ondersoekspan om hul werk af te handel en opruimingswerk.

’n Suzuki voertuig en vragmotor het gebots, alhoewel die presiese gebeure tans onduidelik is.

A truck with a yellow and red trailer has collided with vegetation, spilling black crates and bottles onto the ground. In the background, a fire truck is visible.
Die vragmotor waarin vyf insittendes met geringe beserings deur Gunmar EMS vervoer is na Groblersal Hospitaal. Foto: Verskaf.

Volgens Gunmar EMS het hul vyf insittendes met geringe beserings vervoer na Groblersdal Hospitaal. Die insittende van die Suzuki is opslag dood in die ongeluk.

• Motoriste word gemaan om van ’n alternatiewe roete gebruik te maak.

@die.daller

Die Schoemandpad (N11) tussen Groblersdal en Marble Hall is tans gesluit na ‘n grusame ongeluk vanoggend voor Schoeman Boerdery.#groblersdal #marblehall #eliasmotsoaledi #ephraimmogale #observerdaller

♬ original sound – Die Daller

Lees ook: Groblersdal: Padwerke en verkeerslig kan verkeer belemmer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button