Groblersdal: Een verkeerslig werk, een stééds buitewerking
Motoriste in Groblersdal word gewaarsku dat die verkeerslig op die hoek van Van Riebeeck- Wes- en Chris Wiidstraat stééds stukkend is.
Die verkeerlig in Voortrekkerstraat by Hoërskool Ben Viljoen is uiteindelik herstel en weer in werking, terwyl die verkeerslig op die hoek van Van Riebeeck-, Wes- en Chris Wiidstraat by Sasko egter stééds buitewerking is.

Hierdie verkeersligte is al vir meer as ’n maand buitewerking.
Verkeersvloei probleme kan moontlik ondervind word tussen 06:00 en 09:00, 12:00 en 14:00, asook 17:00 en 18:30.
Motoriste word gemaan om versigtig te wees, veral vir dié wat geneig is om nie die verkeersreël na te kom dat as ’n verkeerslig nie werk nie, dit outomaties ’n stopstraat is en verkeer moet stop.
• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
