Observer Daller

Ben Viljoen verwelkom graad agts

Hoërskool Ben Viljoen was opgewonde om die graad agt uiltjies by die skool te verwelkom en ook die jaarlikse graad agt kamp aan te bied.

Hoërskool Ben Viljoen se graad agt uiltjies is amptelik op 14 Januarie by die skool verwelkom.

Met senuweeagtige gesiggies het hulle vir die eerste keer deur die skoolhekke gestap, maar dit het nie lank geneem voordat die onsekerheid plek gemaak het vir opgewondenheid en ’n gevoel van tuiskoms nie.

Vanjaar spog hulle boonop met splinternuwe Ben Viljoen Uiltjie-beffies – ’n simbool van trots en samehorigheid wat hulle met groot trots deur die jaar sal dra.

Two boys stand smiling in front of a swimming pool, giving thumbs up. One wears a striped shirt and the other a t-shirt. A relaxed and cheerful scene.
Hugo Lourens en Hendrik Botes. Foto: Jean-Marie Heyns.

Na afloop van die opwindende Interhuis swemgala het die graad agt leerders Vrydag, 16 Januarie, aan hul jaarlikse graad agt kamp deelgeneem – ’n besondere ervaring wat die ideale afskop vir hul hoërskoolloopbaan gebied het.

Die kamp het gefokus op spanbou, karakterontwikkeling en die vestiging van nuwe vriendskappe.

Ná ’n dag vol gees en entoesiasme by die swemgala, het die leerders met groot opgewondenheid aan verskeie uitdagende en prettige aktiwiteite deelgeneem. Hierdie aktiwiteite is spesifiek ontwerp om samewerking, vertroue en deursettingsvermoë aan te moedig.

Two girls smiling outdoors; one with braces wearing a "Focus" shirt, the other with long hair. Background features a building and greenery. Youthful and cheerful.
Elzané Fleischman en Deneske van Niekerk. Foto: Jean-Marie Heyns.

Die Uitvoerende Raad, tesame met onderwysers en kampfasiliteerders het die leerders begelei en ondersteun, terwyl daar ook sterk klem gelê is op Ben Viljoen se kernwaardes: respek, verantwoordelikheid, omgee, integriteit en lojaliteit.

Teen die einde van die kamp was dit duidelik dat die graad agts nie meer net individue was nie, maar ’n hegte groep wat gereed is om hul plek as volwaardige Ben Viljoen-uiltjies in te neem.

Teen boy in colorful sports uniform smiles confidently outdoors, surrounded by teammates. The mood is positive and energetic, suggesting teamwork.
Alex Sampson. Foto: Jean-Marie Heyns.
A group of children in colorful jerseys claps and cheers. They appear excited and joyful, with one girl notably sporting bright pink hair accessories.
Lesedi Monaiwa en Khomotso Sedibe. Foto: Jean-Marie Heyns.

Lees ook: Hoërskool Ben Viljoen atlete presteer by Interhuis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button