Agter: Me. Melanie Cilliers. Voor: Juan Voges, Lé de Juané Coetzer, Elri Erasmus, Alexa Nel en Seanelle Rodrigues. Foto: Verskaf.
Die eerste dag van skool vir 2026 is gekenmerk deur ’n geliefde tradisie: Die klokluiseremonie van die graad een leerlinge.
Elke nuwe leerling het ’n beurt gekry om die klok te lui – sommiges met groot oorgawe en selfvertroue, ander effens skaam en onseker, maar almal met blink oë en ’n gevoel van trots.
Hierdie simboliese handeling het hul toetrede tot die Gromar-familie bevestig en die begin van hul skoolloopbaan op ’n betekenisvolle manier gemerk.
Ouers, onderwysers en die gemeenskap het saam die seremonie bygewoon, en die atmosfeer was een van hoop, vreugde en gemeenskapsamehorigheid.
Gromar is gewortel in tradisie, maar kyk met selfvertroue vorentoe.
Dian Oosthuizen (hoofseun), Elri Erasmus en me. Melanie Cilliers.Dian Oosthuizen (hoofseun), Alexa Nel en me. Melanie Cilliers.Dian Oosthuizen (hoofseun), Lé de Juané Coetzer en me. Melanie Cilliers.Dian Oosthuizen (hoofseun), Seanelle Rodrigues en me. Melanie Cilliers.Dian Oosthuizen (hoofseun), Juan Voges en me. Melanie Cilliers.
Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.