Observer Daller
Marmer ontvang besoek van Gromar
CVO Marmer in Marble Hall se graad een en graad sewe leerlinge het ’n besoek vanaf Gromar Landbou Akademie ontvang.
’n Paar van Gromar Landbou Akademie se matrikulante het met groot opgewondenheid die graad een en graad sewe klasse van CVO Marmer besoek tydens die leerlinge se eerste dag van skool in die nuwe jaar.
Die doel van die besoek was om elkeen te verwelkom in die nuwe jaar en sterkte toe te wens vir die jaar wat voorlê.
Dit was vir die CVO Marmer leerlinge ’n groot verrassing en voorreg om Gromar se matrikulante te ontvang.
CVO Marmer bedank Gromar vir hierdie besoek.

Lees ook: Graad eens verwelkom met klokluiseremonie
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
